Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 29 JANUARIE 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ........................................... (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se web tuiste by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag,

‘N LAASTE OPROEP VIR MOSIES VIR DIE 2017 AJV EN NOMINASIES VIR DIE RAAD

HAMNET GAUTENG SUID EN EKURHULENI TEKEN 'N MVV

en

VROEË VERSLAG OOR PEARS NASIONALE BHF EN UHF KOMPETISIE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Ten spyte van die versoek aan Liga lede vir die volgende inligting via SARL Kommunikasie e-posse op 11 Desember 2016, 12 Desember 2016 en 13 Januarie 2017 asook SARL-nuus van 8 en 21 Januarie 2017, is slegs een nominasie vir die Raad en een nominasie vir 'n SARL-toekenning ontvang. Geen mosies vir die AJV of ander nominasies vir SARL of Radio ZS toekennings is nog ontvang nie. Die sluitingsdatum vir mosies en nominasies is middernag op Dinsdag 31 Januarie 2017.

In terme van Reël 11.3 van die Grondwet en Reëls van die Liga, word 'n oproep op lede gedoen om mosies vir bespreking tydens die 2017 Algemene Jaar vergadering voor te lê. Mosies moet duidelik en bondig wees, dit moet 'n motivering in sluit en vereis 'n voorsteller en 'n sekondant.

In terme van Reël 16.9 van die Grondwet en Reëls van die Liga, word 'n oproep op lede gemaak vir nominasies om te dien op die Raad van die Liga. Vier van die huidige Raadslede sal uit tree tydens die 2017 Algemene Jaar vergadering, hulle kan herkies word as hulle genomineer en gesekondeer word. Die volgende Raadslede het aangedui dat hulle gaan uit tree, maar is beskikbaar vir herverkiesing - Rassie Erasmus, ZS1YT, Geoff Levey, ZS6C, Nico van Rensburg, ZS6QL, and Shane Bailey, ZS6ZSB. Etienne Naude, ZS6EFN, wat deur die Raad aangestel is as die Liga sekretaris, het aangedui dat hy uit tree, maar het nog nie besluit of hy verkiesbaar sal wees nie.

Die vereistes is 'n nominasie vorm met 10 sekondante wat almal lede van die Liga is of deur 'n Klub waarvan ten minste 10 lede ook lede van die Liga is dit onder teken. Die sluitingsdatum vir nominasies en indiening van mosies is voor of op Dinsdag 31 Januarie 2017 en moet aan die Liga-sekretaris gestuur word by secretary@sarl.org.za of per faks na 086 552 8487. Vir meer inligting, verwys asseblief na die Liga se Grondwet en Reëls wat beskikbaar is op www.sarl.org.za.

Lede en Klubs word genooi om nominasies in te dien vir die volgende Suid-Afrikaanse Radioliga toekennings. Stuur jou nominasies met 'n motivering aan die Liga-sekretaris by secretary@sarl.org.za voor of op Dinsdag 31 Januarie 2017. Die toekennings is Lewens lange Ere lidmaatskap; die Willie Wilson Goue Wapen; die Jack Twine toekenning; die Arthur Hemsley Twee meter Trofee; die Barney Joel Trofee; die Icom Uitmuntenheids toekenning; die Joseph White gedenkplaat; die Bert Buckley Ses Meter trofee; die Radio ZS Vier Meter Wissel trofee; die SAATI toekenning en die Tinus Lange 7066 Tegniese Uitmuntenheids-toekenning. Die relevante inligting oor elke toekenning kan gevind word in die SARL Kommunikasie e-pos gedateer 11 Desember 2016 wat aan alle lede gestuur is.

Die Redakteur van Radio ZS versoek lede om hom by te staan in die toekenning van twee van die Radio ZS toekennings vir die 12 uitgawes van die 2016-reeks van die tydskrif.

Die eerste is die Gary Immelman RA Erfenis Toekenning Wissel trofee vir die beste artikel van 'n historiese aard wat 'n gebeurtenis wat meer as vyf jaar van tevore plaas gevind het beskryf of 'n interessante persoonlikheid wat 'n belangrike rol gespeel het in die ontwikkeling van Amateur Radio in jare wat verby is. Die tweede is die JJ Pienaar-trofee vir die beste artikel gepubliseer in Radio ZS tydens 2016. E-pos jou voorstelle oor wie waardige ontvangers sou wees aan radiozs@sarl.org.za teen Dinsdag 31 Januarie 2017.

** Hamnet Gauteng Suid werk al vir baie jare met die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit wanneer dit gevra word om te help met xenofobiese voorvalle, tornados, ouetehuis vure en dies meer onder die beheer van die vorige Hamnet Gauteng Suid Provinsiale Direkteur, Chris Gryffenburg, ZS6COG. Die vrugte van sy arbeid het uitgeloop vandeesweek met die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding tussen Hamnet Gauteng Suid en die Munisipaliteit. Dit plaas 'n formele protokol en verantwoordelikheid tussen die twee organisasies in die toekoms. By die ondertekening van die dokument was die nuwe Hamnet Gauteng Suid Provinsiale Direkteur, Glynn Chamberlain, ZS6GLN, en mnr Moshema Mosia, die Hoof van die Departement: Nood en Rampbestuursdienste EMM, en Bafana Mazibuko, Waarnemende Direkteur Generaal Rampbestuur EMM. Mnr Mosia het sy waardering uitgespreek oor die werk van Hamnet in die verlede en het gesê hy sien uit om saam met ons organisasie in die toekoms te werk.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga. Het jy iemand oor amateurradio vandeesweek vertel?

** Hamnet databasis. As jy 'n lid van Hamnet is, moes jy nou al gevra gewees het om jou besonderhede op te dateer met behulp van die nuwe Hamnet Lede Web Portal by http://portal.hamnet.co.za.

As jy nog nie so 'n versoek ontvang het nie, is dit waarskynlik dat jou e-pos adres op die Hamnet databasis verouderd is. Kontak asseblief jou Hamnet Streekdirekteur vir instruksies oor hoe om dit reg te stel. Ons sal aanvaar dat al diegene wat nog nie geregistreer en hul besonderhede opgedateer het op die Hamnet lede portaal nie, nie meer belangstel om lede van Hamnet te wees nie. Daardie persone sal vanaf die Hamnet databasis verwyder word deur die loop van Februarie.

** Ten spyte van die swak Tropo voortplanting gedurende die kompetisie is 'n aantal logstate ontvang van verskeie afdelings vir die PEARS BHF/UHF kompetisie. Meteor strooi van klein meteore het digitale operateurs in staat gestel om alle vorige kompetisie afstand rekords te breek op 50 en 70 MHz FSK441 met 'n nuwe afstand van 1 346 km.

Hierdie is 'n spesiale versoek aan alle deelnemers om asseblief jou logstaat, selfs as jy slegs 'n paar kontakte gemaak het, in te dien. Al die logstate sal gebruik word vir 'n ontleding van BHF voortplanting asook deelname regoor die land. Hierdie tipe waarnemings kan slegs gemaak word tydens 'n landwye BHF kompetisie. Verder sal PEARS jou logstaat behandel as 'n dankie vir hul pogings om die kompetisie aan te bied. Die sperdatum vir logstate is 15 Februarie 2017 en jy kan dit in enige vorm indien.

** Februarie is 'n besige maand vir plaaslike kompetisies. Die maand skop af met die Antieke Draadloosvereniging se gelykgolf aktiwiteit dag, wat strek vanaf 13:00 tot 15:00 UTC op Sondag 5 Februarie 2017. Die doel van die ADV se gelykgolf aktiwiteit dag is vir deelnemers om soveel amateurs as moontlik op die 20, 40 en 80 m amateur bande te kontak.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Velddag is op die lug vanaf 10:00 UTC op Saterdag 11 Februarie tot 10:00 UTC op Sondag 12 Februarie 2017. Die doel is om soveel stasies as moontlik op al die HF amateur bande te werk (uitgesluit die 2 200, 630, 60, 30, 17 en 12 m bande). Deur dit te doen word geleer om in abnormale situasies in minder as optimale toestande te werk. 'n Premie word geplaas op die ontwikkeling van vaardighede om die uitdagings van ’n noodplan na te kom asook die publiek te vergewis van die vermoëns van amateur radio.

Op Saterdag 18 Februarie sal die Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug Naelloop op die lug wees vanaf 08:00 tot 10:00 UTC. Dit is 'n prettige aktiwiteit om die jeug te vier en om kontak tussen jong radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder.

Verder is die laaste plaaslike kompetisie vir die maand die Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale kompetisie en dit vind plaas op Sondag 26 Februarie 2017 vanaf 13:00 UTC tot 16:00 UTC. Die doel is om soveel kontakte as moontlik tussen radio amateurs te werk in Suider-Afrika met gebruik van PSK31 en/of RTD. Die kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suider-Afrika

** Die Februarie 2017 uitgawe van Radio ZS sal vanaf Dinsdag 31 Januarie beskikbaar wees vir aflaai vanaf die Liga se web tuiste.

** Dit is amper tyd om jou vlooie mark toe te vat! Kom saam met ons na die Oos-Rand-tak se Somer Vlooimark op Saterdag 4 Februarie by die ERB klubhuis by Arrow Park, Ebenezerstraat, Benoni. Verkope begin amptelik om 12:00! Respekteer asseblief hierdie en gee almal 'n kans om jou ware te koop of weg te neem! Ons doen weereens 'n beroep op lede om vrywillig hul dienste aan te bied vir die dag om dit 'n sukses te maak! Tafels is R20 elk en jy kan Armand by 079 465 3271 of zs6spr@gmail.com kontak met jou bespreking. Soos altyd, sal die kontantkroeg oop wees en ons legendariese boereworsrolle sal beskikbaar wees. Die "DMX Sound Machine ©" sal daar wees vir die verskaffing van musiek vir die dag. Bring al die wit olifant items waaroor jou vrou kla, iemand sal dit van jou hande af te neem - die wit olifant items, nie jou vrou nie! Versprei die woord en hoop om jou daar te sien!

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is veelvuldige sonvlekke sigbaar maar almal is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 7 vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure:

31 Januarie - Sluitingsdatum vir AJV mosies, Raadslede nominasies, SARL-toekennings en Radio ZS toekennings en die sluitingsdatum vir die voorstel om bydraes vir die AMSAT SA Konferensie.
4 Februarie - die Oos-Rand-tak Vlooimark
5 Februarie - AWA Gelykgolf aktiwiteit dag
11 Februarie - sluitingsdatum vir die SDR Werkswinkel registrasie
11 en 12 Februarie - die SARL Nasionale Velddag en die Midmar Myl
15 Februarie - sluitingsdatum vir PEARS BHF/UHF kompetisie logstate
18 Februarie - die SDR Werkswinkel by die NARS en die SARL Jeug Naelloop
25 Februarie - Wesrand Amateur Radio Klub Vlooimark
26 Februarie - SARL Digitale Kompetisie
27 Februarie - Nasionale Melktertdag

Om hierdie bulletin mee af te sluit, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Ten spyte van die versoek aan Liga lede vir die volgende inligting via SARL Kommunikasie e-posse op 11 Desember 2016, 12 Desember 2016 en 13 Januarie 2017 asook SARL-nuus van 8 en 21 Januarie 2017, is slegs een nominasie vir die Raad en een nominasie vir 'n SARL-toekenning ontvang. Geen mosies vir die AJV of ander nominasies vir SARL of Radio ZS toekennings is nog ontvang nie. Die sluitingsdatum vir mosies en nominasies is middernag op Dinsdag 31 Januarie 2017.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 760 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003